Sunday 24 June 2012

Charlotte se Jan Ellis poeding



Bestanddele - beslag:
½ t koeksoda
¼ k melk
¾ k bruismeel
1 eier
1 E appelkooskonfyt
¼ k suiker
1 E botter
¼ t sout

Bestanddele – sous:
½ k kookwater
½ k room
½ k botter
½ k suiker
½ t vanieljegeursel

Metode - beslag:
Los die koeksoda in die melk op en meng dit met die bruismeel, eier, appelkooskonfyt, suiker, botter en sout.
Giet dit in ‘n gesmeerde oondskottel en bak dit vir 40 minute teen 180º C.

Metode - sous:
Vir die sous, gooi die kookwater, room, botter, suiker en vanieljegeursel in ‘n kastrol en kook tot die botter en suiker gesmelt is.

Gooi die kokende sous oor die warm poeding.
Bedien dit met vla.

Hierdie poeding moet Springbokkleure kry: legendaries, net soos die man wat so lief was daarvoor