Thursday, 14 June 2012

BROODBOLLETJIES

Karen Neethling Vd Merwe
LEER KINDERS KOOK: BROODBOLLETJIES
Maak brooddeeg aan of koop klaar gemaakte deeg.
Smeer redelike diep bak. Strooi bruinsuiker en room onder in. Rol bolletjies & plaas in bak. Gooi res van room en nog suiker bo-oor. Bak by 180 vir ± 1 uur.
Lekker soet buns saam gebraaide varkworsies ens.

Nelia Botes Vat dieselfde klaar gemaakte deeg en gooi onder in die diep bak kaneelsuiker, plaas die deeg daarin en laat rys. Strooi dan kaneelsuiker bo-oor deeg as dit lekker gerys het en bak op 180C tot ligbruin. Net so lekker broodjie saam braaivleis en dis nie so baie soet nie. Die soetbroodjie van jou is my kinders en veral gaste se gunsteling, daar bly gewoonlik nie 'n krieseltjie oor nie!