Tuesday, 29 May 2012

Sous vir Kersfeespoeding

Hierdie sous het my ma altyd met Kersfees vir die Doekpoeding gemaak, sjoe en het ek dit gesoek want ek kon dit nêrens die resep kry nie.

Sous vir Kersfeespoeding Mev. Van Eeden het 'n resep gestuur vir 'n sous wat sy saam met Kerspoeding voorsit. Dit behoort net so lekker te wees by 'n gestoomde poeding. Sy bottel ook die sous en gee dit as geskenk aan haar vriendinne. 2 K (500 ml) water 1 K (250 ml) suiker 1-2 E (15-30 ml) vlapoeier om effens
te verdik 2 t (10 ml) gerasperde suurlemoenskil sap van 1 suurlemoen 6 heel naeltjies 1/4 t (1 ml) fyn naeltjies 1 t (5 ml) fyn gemmer 1/2 t (2,5 ml) gera sperde neut Kook al die bestanddele saam. Bottel en koel af. Bewaar dit in die koelkas.