Bestanddele:
3 uie, in skywe gesny
2 E kookolie
1,5 kg skaapskenkels
4 E meelblom
2 t sout
¼ t swartpeper
¼ t koljander
2 rape, opgekap
4 kruinaeltjies
paar takkies vars tiemie
2 k kookwater
2 geelwortels, opgekap
4 aartappels, geskil en in kwarte gesny
Metode:
Braai die uie in die kookolie tot dit glaserig is en skep uit.
Rol die vleis in meel wat gegeur is met sout, swartpeper en koljander.
Braai die vleis tot dit geseël is van buite. Voeg die raap, kruinaeltjies, tiemie en kookwater by, sit die deksel op en laat dit stowe.
Voeg die geelwortels en aartappels by en stowe tot sag. Maak nou die kluitjies.
Kluitjies
Bestanddele:
2 k koekmeel
4 t bakpoeier
½ t sout
6 E botter
2 eiers
6 E melk
½ k fyngekapte pietersielie
1 gerasperde ui
1 t vars tiemie
knippie swartpeper
Metode:
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en vryf die botter daarin.
Klits die eiers en melk en roer die pietersielie, ui, tiemie en sout by.
Meng dit alles saam tot ‘n taamlike stywe beslag.
Skep lepelsvol kluitjies in die vloeistof op die vleis en groente. Stowe vir 20 minute sonder om die deksel op te lig.
Bedien die kluitjies saam met die vleis.
(Boerekos)