In die Outydse karringmelkpoeding resep praat hulle van Sitroenkonfyt, dit is blykbaar iets wat besig is om uit te sterf, so 'n bietjie inligting: Sitroen is 'n geel vrug wat soos 'n suurlemoen lyk, maar minder skil het.
SITROENKONFYT (Tannie Mareta op Boerekos se resep)
7 – 8 mooi groot sitroene
2,5 kg suiker
15 k water
Rasper sitroen liggies van buite dat hy soos skilpaddop lyk. Sny in kwarte en haal binneste deel uit, gooi dit weg.
Plaas kwart skywe in koue water in emalje- of plastiekemmer met bord bo-op om stukke onder water te hou. Vars uit vir 3 dae maar vervang water elke dag met vars water.
Kook op derde dag sag in skoon water tot vuurhoutjie se agterkant deur skil kan gaan. Maak stroop van suiker en water en plaas saggekookte skille in stroop. Kook vir 30 min en laat oornag in stroop lê.
Kook volgende dag tot stroop dik en skywe glansend is. Bottel warm.