Monday, 28 May 2012

SAMPIOENSOP MET DEKSELTJIE




Vida Nell
Hier is n lekker en goedkoop sop. My skoonpa het altyd vir almal van hierdie sop "met n dekseltjie" vertel!

3 snye wit brood
30g botter
500g opgekapte sampioene
1 knoffelhuisie
3 1/2 koppies groente aftreksel
1/4 t fyn neut
300 ml room
2e vars opgekerfde pietersielie
2 velle uitgerolde (pof) deeg
1 eiergeel

Sny die korsies van die brood en breek brood in stukkies
Verhit die botter in n pan, voeg sampioene en knoffel by. Roerbraai tot sampioene sag is.
Voeg by die brood, aftreksel en neut.
Prut in die oop kastrol vir ongeveer 15 minute.
Versap die mengsel tot glad en voeg by die room en pietersielie.
Verdeel die sop in 4 sop bakkies en verseel die opening van die bakke met die deeg.
Verf die eiergeel oor die deeg en bak vir ongeveer 10 minute (of tot deeg gaar is) by 180C.

Heerlik!! Geniet!