Monday, 28 May 2012

Ouma seSponskluitjies (Mikrogolf)


750ml Melk
100gr(200ml) Mielieblom
3 Ekstra groot eiers
1ml sout
Kaneelsuiker

Klontjies botter/margarien

Verhit melk 6 - 7 min op volle krag tot kookpunt.
Meng mieliebom met 'n ekstra bietjie koue melk of water tot gladde pasta.
Klits eiergele goed. Voeg eiergele en sout by mielieblompasta.
klop kookmelk geleidelik by mielieblommengsel, gebruik verkieslik 'n draadklopper.

Plaas mengsel in die mikrogolfoond en kook vir plus minus 2min op volle krag.

Laat mengsel effens afkoel en klop af en toe.

Klits eierwitte styf en vou liggies met 'n metaallepel in die mengsel in.

Smeer 'n glasbak en skep lepelsvol daarin totdat die bodem bedek is.
Strooi kaneelsuiker oor en stip met botter/margarien.
Herhaal indien nodig.
Sit in mikrogolf en laat vir 8 - 10min prut. Sit warm voor. Lewer 6-8 porsies