Monday, 28 May 2012

Klein Sylvia se Sop...




Michael Coetzee
Bestanddele:
500g Bees kookvleis
2 Stukkies heel knoffel
2 Gekapte groot uie
4 Gerasperde wortels
3 Gekapte tamaties
2 Eetlepels gekapte pietersielie
3 Gekapte preie
2 Gerasperde aartappels
4 Gekapte peppadews
2 Eetlepels suurlemoensap
1 Stukkie opgesnyde gerookte kaas wors
1 x Pakkie Beesstert sopmengsel
1 x 500g Imbo sopmengsel
Gooi 'n bietjie olie in die pot en braai die vleis met die heel knoffel stukke tot bruin. Geur met sout, varsgemaalde swartpeper, hoenderspeserye en
worcestersous gedurende die gaarmaak proses. Skep die vleis uit in 'n glasbak en bêre tot later.
Vat die pakkie sopmengsel en gooi dit in die pot waarin die vleis gebraai was.
Voeg 2 koppies water, suurlemoensap, gekapte tamatie en uie by en kook tot sag.
Wanneer die uie begin sag word kan die gerasperde wortels en aartappels
bygevoeg word. (Kook alles saam vir so 10 minute sodat die geure lekker met mekaar kan trou... :)
Na die 10 minute huwelikseremonie kan die stukkies opgesnyde gerookte kaaswors, peppadews, preie en een eetlepel pietersielie bygevoeg word. Gooi nog 'n koppie water by en kook die sop vir 'n verdere 10 minute.
Die kookproses op die stoof is nou verby. Voeg nou die beesstert sopmengsel by met genoeg water (hoeveelheid water volgens elkeen se eie oordeel). Plaas die pot in die vooraf verhitte oond (160 grade) en kook die sop vir 'n verdere 90 tot 120 minute. Loer maar so af en toe net om seker te maak die spulletjie kook nie droog nie.
Na sowat twee ure kan die finale eetlepel vars gekapte pietersielie bygevoeg word terwyl die pot nou net staan en wag om opgedien te word.