Friday 20 April 2012

Skorsie Resepte - Verskeidenheid

Gerald En Joey Olckers ek het vir my kinders nadat dit gaar was malvalekkers ingesit en 'n oomblik in die mikrogolf of onder die gril. of vul ook met soet ertjies. of kaneelsuiker.


Meermin se skorsies

Sny skorsies in helfde, verwyder pitte. Kook tot sag en gaar.
Nou kan jy enige van hierdie vulsel gebruik

1 blikkie suikermielies
Kaas
Sit in skorsies, plaas in warm oond, sodra die kaas gesmelt is, is dit reg.

1 blikkie ertjies
Kaas
Sit in skorsies, plaas in warm oond, sodra die kaas gesmelt is, is dit reg.

1 blikkie baked beans
Kaas
Sit in skorsies, plaas in warm oond, sodra die kaas gesmelt is, is dit reg.

1 blikkie uie en tamatie
braai 1 ui wat fyn gekap is
braai bacon stukkies
kaas
Sit in skorsies, plaas in warm oond, sodra die kaas gesmelt is, is dit reg.

Kan ook uie, bacon braai, maak 'n witsous meng alles deeglik, sit dit in skorsies met kaas bo op, sit in oond tot kaas gesmelt is.

Gemengde groete
Witsous
kaas
Sit in skorsies, bak in oond tot kaas gesmelt is.



Liza van der Merwe SWEETCORN EN RASPER KAAS OOR EN DRUK RUKKIE IN OOND TOT KAAS GESMELT HET


Mitzi Buys Ek skraap die vleis van gekookte skorsies uit en meng dit met room.