Tuesday 24 April 2012

Mosterdbone

Cais En Hantie Smit 

500g(600ml) gaar wit bone, 15ml olie, 2 groot uie gekap, 50ml mielieblom, 275ml wit asyn, 250ml suiker, 25ml mosterdpoeier, 15ml kerrie, 10ml sout. Braai uie in olie tot deurskynend. Maak mielieblom met bietjie asyn aan en hou eenkant. Meng res van bestanddele en roer by uie en bone. Roer pastamengsel by en kook saggies vir 15min. Roer gereeld. Skep in warm flesse en draai baie styf toe.