Tuesday 24 April 2012

Moedersdag geskenk - tuis gemaak

Gee hierdie moedersdag 'n geskenkpakkie wat sy met haar familie kan deel.  Dis tog waarvan Mammas hou.  Om ietsie met hul gesin te kan deel en iets te ontvang wat spesiaal vir haar gemaak of uitgedink was...

Ek het gaan soek vir 'n fototjie op die net om te verduidelik wat ons idee is en siedaar ek kry toe hierdie mooi een.  Loer bietjie onder ons resepte afdeling (Resepte:  Tuisgebak en Resepte:  Beskuit/droë koekies) vir 'n maklike resep om koekies in vormpies te bak. 
As jy nie koekiedrukkers het wat letters kan uit druk nie, sny sommer die vorms met 'n skerp mes.  Gebruik vormpies soos hartjies of blommetjies en letters vir die woorde "Love" of  "Mom".  Jy kan selfs die hele klomp koekies net in hartjie vorms bak en elkeen dan verskillend versier. 
Versier met helder versiersuiker en al wat dan oorbly is om dit in 'n mooi koekblik te verpak met "tissuepaper" (dalk 'n mooi sagte pienk kleurige papier) om dit af te rond en nog meer spesiaal te laat lyk.