Thursday 15 March 2012

Tuisgemaakte knoffel gegeurde olie

Om gegeurde olies te maak wat jy in jou kos kan gebruik is maklik, handig en lyk baie mooi op ‘n kombuisrak as jy dit in ‘n mooi bottel of fles gegooi het.  Dis ook 'n oulike manier om die kruie wat jy in jou tuin kweek te gebruik.

‘n Goeie kombinasie vir ‘n braaivleis bedruipolie is Lourierblare, roosmaryn en knoffel.  Daar is verskillende metodes van hoe om knoffel gegeurde olie te maak.  Ons deel twee met julle wat so maklik is dat enige iemand dit kan probeer:



Belangrike wenk - Moenie knoffel flokkies gebruik nie. Slegs skoon knoffel huisies moet gebruik word en verkieslik “extra virgin olive oil” of sonneblom olie.  (Algemene raklewe – nie langer as 6 maande.)

Metode 1:
Plaas die gedroogte kruie van jou keuse in ‘n mooi gesteriliseerde bottel of fles.  (Jy kan bv. onder andere roosmaryn, tiemie, oreganum, peperkorrels , gedroogte suurlemoenskil gebruik.)  Vul die bottel verder met olyfolie en laat dit staan vir 3-4 weke.    

Metode 2:
10 groot gedroogte knoffelhuisies (geskil en in die helfte gesny) – Die hoeveelheid wat jy gebruik is geheel en al na smaak.
570 ml olyfolie
Plaas die knoffel in ‘n warm, gesteriliseerde fles.  Verhit die olie tot 180 grade Celsius en gooi dit oor die knoffel in die houer.  Seel en laat dit staan vir 1 – 2 weke.  (Raklewe:  Heelwat langer as bogenoemde metode.)