Monday 12 March 2012

Plant knoffel in jou tuin

'n Groentetuin moet 'n paar plantjies knoffel ook in hê.
Volgens ‘n paar slim mense se navorsing is laat herfs die beste tyd om knoffel te plant.  Net voor die winter koue regtig begin.  Knoffel kan ook in dele geplant word waar dit erg ryp.  Die plantjie sal eenvoudig wag tot in die lente voor hy begin groei en jy dan kan oes in die somer.

Nou hoe gemaak om hulle te plant: 

Koop ‘n knoffel bolletjie by jou winkel en plant elke knoffelhuisie apart.  Een huisie knoffel sal een knoffel plantjie produseer.  Jy kan dus heelwat plantjies groei van een knoffelbolletjie.  Maak seker jy koop ‘n knoffelbolletjie wat groot en sterk is - dit behoort gesonde plante te verseker.
Die grond moet verkieslik nie klipperig wees nie en jy kan kunsmis inwerk voor jy plant.
Kies ‘n sonnige kolletjie of gedeeltelike skadu kolletjie in jou tuin.  Onthou om die grond klam te hou nadat jy geplant het, maar moenie TE veel water gee nie.  (Hulle hou nie van TE nat grond nie.)