Thursday, 15 March 2012

Knoffelkruiebotter
















Klop 250 g botter tot lig en donsig.
Voeg 12 fyngekapte vet knoffelhuisies,
30 ml elk fyngekapte kerwel, grasuie
en pietersielie by en geur met sout,
peper en varsgerasperde suurlemoenskil
na smaak.

Gebruik dit soos gewone
botter of braai uie daarin. Ook heerlik
by geroosterde vis, vleis en hoender
(maak die borsvel los en druk die
knoffelbotter in voordat jy dit rooster).