Monday, 19 March 2012

KITS - GESONDHIEDSBESKUIT




















Cornè Van Zyl

 
16 X 250 ml droë bestanddele (soos bv. 10 X 250 ml volkoring meel, 750 ml koekmeel, 500 ml hawermout, 250 ml klapper of jy kan selfs pitlose rosyne insit)
60 ml bakpoeier
5 ml sout
600 gr suiker (750 ml)

500 gr margarien
125 ml olie
750 ml karringmelk of jogurt of suurmelk
4 ekstra groot eiers effens geklits

Voorverhit oond tot 180° C (350° F). Smeer twee groot en een klein broodpanne.
Meng die droë bestanddele, bakpoeier, sout en suiker saam. Smelt die margarien en laat afkoel. Voeg olie karringmelk en eiers by die gesmelte margarien en meng goed. Giet by die droë bestanddele en meng goed. Skep in gesmeerde panne, maak bo-op gelyk en bak vir ongeveer 45 min of tot gaar. Keer uit en laat afkoel en sny in vingers. Droog oornag in oond.