Thursday 8 March 2012

KANARIE SE BIEFBROODJIE

Santie Carelse :

Braai 1 gekapte ui in mikrogolfbak in 2 tl margarien v 5min.
Meng 1 blik bullybeef, 2 eetl elk tamatiesous, chutney, mayonaise, worstersous.
Gooi uie by.

Neem 2 snye brood met korsies aan, plaas in bak waarin uie gebraai was (moenie bak eers was nie) maak dit klam met helfte van n kop melk waarin n eier geklits is.
Skep helfte van beslag oor, dan weer 2 snye brood, maak klam met res v melk.
Laaste beslag.
Rasper kaas oor, plaas deksel op en bak v 20 min op high in mikro.
Laat vir ten minste 10 min rus na gaarmaak proses.
Jy kan ook n blik suikermielies insit. Mens kan dan 4 snye brood per laag gebruik en dubbel melk en eier. Ek gooi biki sout en peper in my melkmengsel.