Wednesday 7 March 2012

Gestoomde Mossels in die skulp met knoffelwitsous

Dalene Brits

Moenie die gerookte Paprika uitlaat nie, dis die geheime bestandeel.

Mossels in die skulp soos nodig, indien bevrore, ontvries voor gebruik.
Stoom die mossels oor kokende water (gebruik ‘n metaal vergiettes of sif) vir ± 8 minutes. Verwyder van hitte.

Knoffelwitsous:
20 ml Botter
Twee huisies vars knoffel, fyngemaak
3 ml Gerookte Paprika (by Woolworths verkrygbaar)
Sout, Aromat en Witpeper na smaak
50 g Meel
500 ml Volroommelk
Gekapte pietersielie vir garnering

Smelt botter oor lae hitte en voeg knoffel en res van geurmiddels by. Wees versigtig dat die knoffel nie aanbrand nie. Gebruik ‘n draadklitser om die meel by te roer. Verhoog hitte en voeg melk bietjiesgewys by terwyl voortdurend geroer word tot sous verdik. Bedien die sous apart of plaas die mossels op ‘n mooi opdienbord en gooi die sous bo-oor. Garneer met gekapte pietersielie en fenneltakkies.

Het dit gister gemaak en prawns en calamari bygevoeg en bedien op pasta. PUIK!!!