Monday, 27 February 2012

VINNIGE DORITO’S RESEP


Almarie de Jager

Hierdie is genoeg vir 6 mense.
2 x pakke Dorito’s (enige geur)
2 x Blikkie tamatie & uie smoor
1kg maalvleis (gaar)
2x 250ml sour cream
Baie kaas
Pak Dorito’s onder in oondbak (hou so bietjie oor om bo-op te pak)
Gooi 2 x blikke tamatiesmoor oor.
Dan die maalvleis – lekker gespice soos jy daarvan hou
Dan gooi jy suurroom oor – eintlik smeer, want hy is mos dik
LEkker baie kaas – dis die geheim
En sit so paar ekstra dorita’s bo op – laat hulle sommer so regop staan
Dan lyk dit soos ‘n Dinosaur gereg!
Bak in oond by 180grade vir so 20-30 min tot kaas “bubble” en geure lekker meng.