Monday, 27 February 2012

Reënboogkolwyntjies petit four-koek























Genoeg vir 12 kolwyntjies
Bereiding: 30-40 minute
Staantyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute

KOLWYNTJIES
125 g botter, by kamertemperatuur
150 ml strooisuiker
2 eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) bruismeel
30 ml (2 e) melk
pienk koekkleursel

FRANSE VERSIERSEL
45 ml (3 e) meel
250 ml (1 k) melk
250 g botter, sag
250 ml (1 k) suiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel

VERSIERING
klein eetbare blomme en vars rose
Voorverhit die oond tot 180 °C en plaas 12 papierbakkies in ’n kolwyntjiepan.

KOLWYNTJIES
Plaas die botter en strooisuiker in ’n elektriese menger en klits tot liggeel en dik.

Voeg die eiers een vir een by en klits baie goed ná elke byvoeging.

Roer die vanieljegeursel by.

Sif die helfte van die meel by die mengsel, gevolg deur die melk.

Klits tot alles goed gemeng is en herhaal.

Deel die beslag in twee en kleur die een deel met ’n paar druppels pienk kleursel.

Skep lepels vol van albei kleure beslag in die bakkies en bak 16-18 minute of tot gaar.

Haal die kolwyntjies uit die oond en laat dit afkoel.

VERSIERSEL
Meng die meel en melk in ’n kastrol en klits tot goed gemeng.

Roer aanhoudend tot die mengsel begin verdik; laat 5-10 minute prut.

Verwyder die kastrol van die hitte, plaas kleefplastiek direk op die sous en laat dit afkoel.

Klits die botter en suiker in ’n elektriese menger tot dik en lig van kleur.

Roer die vanieljegeursel en die melkmengsel by en klits nog 5 minute.

Bedek en laat rus 15 minute in die yskas.

AFRONDING
Versier die kolwyntjies en rond af met blomme