Almarie de Jager
Het gisteraand die heerlikste Hoender en Aartappel gebak gemaak (met komplimente aan die vriendin wie dit gegee het). Is nou als behalwe vinnig, maar uit en uit die moeite werd!
4 Hoenderborste, gekook en gevlok;
4 - 6 aartappels met skil aan;
1 pakkie diced bacon;
2 uie, gekap;
2 - 3 knoffelhuisies, gekap;
2 pakkies potato bake;
600ml melk;
50g kaas van jou keuse;
sout en peper na smaak.
METODE:
Voorverhit oond tot 180Grade.
Sny aartappels in ringe, en pak in 'n oondvaste bak. Meng een pakkie potato bake en 300ml melk en giet oor aartappels. Bak vir 20 - 30min.
Intussen: Braai uie, knoffel en bacon tot bruin. Meng gevlokte hoender in, sowel as die ander pakkie potato bake gemeng met die restant van die melk. Sout en peper na smaak.
Giet bostaande mengesel oor aartappels en bak vir 'n verdere 20min, of tot aartappels sag is.
Strooi kaas oor en bak vir 'n verdere 10min of tot die kaas bruin is.
Bedien saam met rys of brood.