Wednesday, 22 February 2012

Feetjies en kaboutertjies in jou tuin

Nee ons praat nie van oorvol, oorlaaide tuine waar jy meer kaboutertjies sien as plante nie.  Hierdie idee gaan oor daardie "geheime" hoekie in jou tuin.  Gaste loop in jou tuin en erens om 'n hoekie is daar skielik 'n feetjie of twee wat agter 'n plant uitloer, of 'n kaboutertjie wat aan die ander kant van die tuin onder 'n blaar wegkruip.  Dit kan regtig 'n oulike geselspunt in jou tuin wees sonder dat jy 50 kabouters hoef te gaan koop.....


Neem hout (as jy handig is) en maak 'n klein tafeltjie en stoeltjies soos op die foto hierbo.  Plaas dit erens in die tuin asof jy kabouters verwag vir aandete.  Sit in die middel van jou blombedding net een of twee feetjies neer wat oor 'n blom loer of dalk by 'n watervalletjie in jou tuin sit.  Neem 'n ou voëlhuisie of posbus, verf hom mooi, sit hom teen die onderkant van 'n groot boom in jou tuin vas en sit 'n klein kaboutertjie daarin asof hy uitkyk vanuit sy huis oor die tuin.  Dit hoef nie oordadig te wees nie.........maar kan mense nogal lekker aan die glimlag kry wanneer hulle deur jou tuin loop.....