Tuesday, 21 February 2012

Barones poeding


3/4 pond harde vet
3/4 pond rosuntjies
3/4 pond meel
1/2 bottel melk
knypie sout

Kap die niervet fyn, haal die pitjies uit die rosyne en sny dit half deur. Meng die rosyntjies met die vet, sout en meel en maak nat met die melk. Strooi meel op 'n poedingdoek, sit die poeding daarin, sit in 'n pot kokende water, sit 'n bord in die pot onder die poeding, kook 41/4 uur lank.