Thursday, 26 January 2012

WENK - Om 'n etiket (Label) van bottels te verwyder

'n Spaar wenk is om leë botteltjies waarin jy kos gekoop het, weer te gebruik vir wanneer jy ietsie uit jou tuin wil inlê of dalk as bêreplek vir boontjies, rys, rosyntjies, ens, op jou spensrak.  Dalk wil jy 'n oulike spaarbotteltjie maak vir iemand as geskenk, maar hoe gemaak met daai aaklige "labels" wat altyd so vassit?  Hier is 3 maklike maniere wat werk:
WENK nr. 1: Om 'n etiket (label) van 'n bottel af te haal. Was die bottel en droog goed af. Blaas nou die etiket met 'n warm haardroër van een kant af en trek ter selfde tyd die etiket liggies van daardie kant om dit af te trek soos 'n pleister.
WENK nr. 2: Maak die bottel vol kookwater en laat staan vir 'n rukkie. Die etiket sal dan makliker aftrek.
WENK nr. 3: As jy die botteltjies in 'n skottelgoedwasser plaas, kom die etikette somtyds sommer van self af of was baie makliker daarna in gewone seepwater skoon.