Tuesday, 24 January 2012

Kolwyntjies

Nicolien van Schalkwyk se resep

375 g botter
1,125 ml suiker
15 ml vanielje
9 eiers

1.825 ml koekmeel
60 ml bakpoeier
7,5 ml sout
600 ml melk
Verhit oond tot 180ºC. Smeer panne of spuit onder in panne. Klop botter met 'n houtlepel en voeg suiker geleidelik by. Klop tot lig en romerig en voeg geursel by. Voeg eiers een-een by en klop baie goed na elke byvoeging. Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg dit al siftende beurtelings met die melk by geroomde mengsel. Klop mengsel tot alles goed gemeng is en dit 'n fluweelagtige voorkoms het. Moenie roer nie, maar klop. Skep beslag in voorbereide panne. Bak 25 -35 min lank. Keer dadelik op draadrak uit om af te koel.Variasies:
Sjokolade----: Sif 180 ml kakao saam met meel en bakpoeier en vermeerder botter tot 600 ml..Kolwyntjies---- Bak beslag 15 minute lank in gesmeerde kolwyntjiepanne. Die hoeveelheid is genoeg vir 100 + kolwyntjies. Of sit papierbakkies is panholtes en skep dan deeg in.