Tuesday, 24 January 2012

BAR-ONE verrassing

Marlize Van Zuydam het hierdie resep vir ons gestuur
Die is heerlik! Probeer gerus:
BAR-ONE verrassing: 120g roomkaas (of smooth cottage cheese)

3 tot 4 Groot Bar Ones in stukkies gesny (3 is genoeg)
250ml room, geklop

700ml melk

2 pakkies sjokolade geur kitspoeding

1 pakkie Romany Creams, grof gebreek

50g gerasperde sjokolade (flake)

Meng die roomkaas en Bars Ones. Vou die geklopte room in. Klits die melk en kitspoeding saam. Laat 5 minute in die yskas stol. Skep ‘n derde van die kitspoeding in ‘n glaspoedingbak. Sprinkel die helfte van die stukkies beskuitjies daaroor, dan die helfte van die roomkaasmengsel. Herhaal die lae en eindig met die oorblywende derde van die sjokoladepoedingmengsel. Skep die roomkaasmengsel oor me die oorblywende kitspoedingmengsel bo-op. Sprinkel die res van die stukkies Bar One en gerasperde sjokolade oor en dit 4-5 uur in die yskas tot dit gestol het