Monday, 16 May 2011

Chrysanthemum (Krisante, Asters)

As jy nou op soek is na ‘n bietjie kleur vir ‘n hoekie in jou tuin, onthaal are, huis of balkon, is Chrysanthemums die ideale keuse.  Veral  gedurende herfs wanneer mens nie altyd meer lus het vir werskaf in die tuin op koue dae nie. 
Daar is tonne kleure beskikbaar en hulle is reeds in volle blom wanneer jy hulle koop (en meestal alreeds in oulike potte).  Rangskik eenvoudig ‘n paar potte bymekaar en jy het kits kleur sonder moeite. 
Selfs ‘n nuwe tuin waar nog niks geplant is nie, kan pragtig lyk met net ‘n grasperk en ‘n ry of twee van hierdie helderkleurige blomme.  Plant hul al langs jou tuinpaadjie na jou voordeur, en jy gaan verseker die mense twee keer laat kyk.
Chrysanthemums kan ook binnenshuis gehou word vir kleur in jou sitkamer of kombuis en wanneer hulle klaar geblom is, moenie die pot met takkies weg gooi nie.  Plant dit uit in jou tuin.  Hulle mag jou dalk later in die jaar weer verras met blommetjies wat verskyn net mooi wanneer jy dit die minste verwag.

Maak jou eie kaassmeer

Vinnige kaassmeer

1 liter laevet melk (long life werk beter)
1kg gerasperde geprosesseerde kaas

Nuwe gebruik vir 'n ou leer.

(Hierdie idee was reeds op ons Facebook blad, maar ons plaas dit weer vir die wat dit gemis het.)

Hier is 'n oulike idee wat ons raakgeloop het vir die hergebruik van 'n ou leer en ou skoene waarvoor daar nie meer nut was nie. 
'n Helderkleurige uitbundige rooi malva sal baie kleur gee aan sulke ou skoene op die leer en jy kan selfs 'n rankmalva in die boonste skoen plant wat dan teen die kant van die leer kan af rank.  (Of Petunias)  Dit sal sommer baie vrolik lyk. 
Soos een van ons vriende gesê het is hierdie 'n uitstekende hergebruik idee vir daardie ou army boots van die man of kinders wat nog rondlê in die huis.
Souskluitjies - Mikrogolfoond

Stroop:
500ml Kookwater
5ml Kaneel
15ml Botter
15ml Suurlemoensap
5ml Karamelgeursel / Vanielja
375ml Bruin suiker
5ml Gemmer

• Plaas in mikrogolfoond +- 8-minute op hoog en kook tot suiker opgelos het. (Moenie deksel op sit nie, stoom sal stroop Verdun).

Beslag:
140ml Appelkooskonfyt
10ml Koeksoda
125ml Botter
375ml Koekmeel
Knippie sout

• Verhit konfyt en botter in glashouer vir 1-minuut op hoog, voeg koeksoda by en roer totdat mengsel skuim, dan meel en sout by.
• Skep teelepelsvol beslag in kokende sous, maak deksel dig toe en plaas in mikrogolfoond vir 5-minute op hoog.
• Laat 1-minuut bedek staan.
Daar was 'n behoefte vir 'n weeklikse spyskaart, julle sal sien dat die 1ste week gelaai is asook 'n resep vir elke dag.  Hoop julle gaan dit geniet. (kliek net weeklikse spyskaart vir inligting)

Mince and Butternut Bake



1 tablespoon (15 ml) oil

500 g lean mince

1 onion, chopped

1 small butternut, diced

1 box KNORR Mince Mate Three Cheese

2 cups (500 ml) warm water

1 3/5 cup (400 ml) milk

1 cup (250 ml) Cheddar cheese, grated

1 tablespoon (15 ml) Robertsons dried rosemary


1.     In a pan heat the oil and brown the mince and onion.
2.     Add the butternut, seasoning mix from the KNORR Mince MateThree Cheese, water and milk.
3.     Add the uncooked pasta and mix.
4.     Bring to the boil, reduce heat and simmer uncovered on low heat for 15-20 minutes, stirring occasionally until pasta is cooked and butternut is soft.
5.     Transfer to a greased baking dish.
6.     Top with cheese and sprinkle with Robertsons dried rosemary.
7.     Bake in a preheated 180°C oven for 15 minutes or until cheese is bubbling

Saturday, 14 May 2011

Beginner tuiniers

As jy vir die eerste keer wil groente probeer kweek (maak nie saak hoe klein jou stukkie grond is, of as jy dalk in 'n houer op jou stoep dit wil probeer nie), hier is 'n lys van groente wat as "maklik om te kweek" geklassifiseer word.

Aartappels, Botterbone, Brusselse spruitjies, Chinese Kool, Kopkool, Kropslaai, Pampoen, Radys, Rape, Spinasiebeet, Tuinertjies en Tamaties.

Wednesday, 11 May 2011

Azaleas - Tonne blomme

Soek jy 'n struik vir jou tuin wat in oorvloed blomme dra?  Wel dan is Azaleas net vir jou. 
Hulle is van nature lief vir ligte skadu, maar benodig klein bietjie son om mooi te blom.  (Net nie vol somer middag son nie.)  Suurgrond liefhebbers.  Jy kan dus die grond rondom hulle bedek met denne naalde of ou teesakkies.  Hul wortelstelsels is baie vlak en jy moet hul nooit dieper plant as wat hul in die kwekery se sakkies was nie.  Die vlak wortelstelsel is ook die rede waarom hulle floreer indien jy grondbedekking rondom hulle strooi (mulch). 

Toediening van kraalmis word nie aanbeveel nie en as die blare begin geel raak, beteken dit die grond is nie suur genoeg nie.

Verkrygbaar in pienk, rooi, oranje en lavender kleure.
Hulle is reeds plek plek in die tuinsentrums beskikbaar en het nou net mooi genoeg tyd om te vestig voor die lente blom seisoen.

Wenk - Steenkool

SteenkoolJy kan steenkool-brikette in jou mikrogolfoond plaas vir ‘n paar ure om enige slegte reuk daarin te absorbeer.
Om die steenkool-regruk vir jou yskas te gebruik, kan jy twee tot drie brikette in ‘n kombuislap toedraai en in die yskas sit. Gooi dit weg as die reuk weg is.

Wenk - Aartappels

Aartappels
Halveer een of twee aartappels en plaas dan die halwe aartappels op verskillende rakke in jou yskas. Verwyder na twee tot drie dae sodat die aartappels nie dalk ook stink nie! Vervang dit met aartappels indien die reuk nog nie weg is nie.

Wenk - Koerantpapier

Koerantpapier
Jy kan koerantpapier opfrommel en dit onder in die yskas sit. Dit sal al die slegte reuke opneem en jy kan dit elke twee dae vervang totdat die yskas lekker ruik. Opgefrommelde koerantpapier kan ook in plastiekbakke wat toestaan gesit word, om daai bedompige reuk weg te hou.

Wenk - Koffie help vir reuke

Koffie
Gemaalde koffie is net so goeie reukopnemer. Maar moenie jou vars koffie mors nie, gooi die koffiemoer waarmee jy reeds een keer koffie gemaak het in ‘n plat bakkie uit en plaas dit in jou yskas. Jy kan ook daarvan in jou drein gooi, dit ‘n paar uur los en dan weer water laat deurloop.

Wenk Reuke en Vanielje ekstrak

Vanielje-ekstrak
Asyn het nie die lekkerste reuk op aarde nie, gelukkig kan jy dit met vanielje-ekstrak vervang; dit gee sommer die hele kombuis ‘n heerlike geur. Jy kan dit ook met ‘n bietjie water meng en vir ‘n minuut in die mikrogolfoond eers verhit voordat jy dit agter die toedeur los. Die asyn sal egter vinniger te werk gaan.
Jy kan ook ‘n eetlepel of twee vanielje-ekstrak met ‘n halfkoppie koeksoda meng om onder in die yskas te sit.

Wenk - Asyn vir reuke

Asyn
Gooi asyn in ‘n bakkie en meng dit met water. Verhit dit dan eers ‘n minuut op hoog voordat jy dit in die mikrogolfoond los om enige onwelriekende geure op te tel. Asynwater is ook ‘n uitstekende skoonmaakmiddel. En wanneer jy koeksoda byvoeg, het jy ‘n skoonmaakmiddel wat reuke neutraliseer.

Wenk - Koeksoda

Koeksoda
Koeksoda is een van die beste neutraliseerders wat jy in jou kombuis sal vind.
Jy kan ‘n koppie vol koeksoda in ‘n oop bakkie in die mikrogolf los om die slegte geur in te trek, so ook met die yskas en die asblik. Koeksoda kan ook in die drein gegooi word, laat dit daar lê vir minstens ‘n uur voordat jy warm water of asyn in die drein afgooi.
Hou net die koeksoda uit die groentelaai, aangesien dit soms kan veroorsaak dat groen blaargroente vinniger afgaan.

Dombeya - Pragtige boom met baie blomme

Die pragtige blom van die DOMBEYA boom.  Geskik vir die kleiner tuin.  Die boom raak omtrent so 3 tot 4 meter hoog en dra gedurende herfs (vanaf  ± April) trosse pienk skakering of wit blomme wat heerlik ruik.  Die boom kan in halfskadu of volson geplant word en die voëltjies en bye sal jou baie kyk plesier gee.  In volle blom is die boom self iets om te aanskou.

Lae onderhoud tuin idee

Hier is 'n idee vir 'n tuin met geen "blomtuin" nie, maar wat steeds pragtig lyk en tonne waarde tot jou huis kan toevoeg. Lae onderhoud. Hier is bloot struike, bome en klippies en hout gebruik om 'n pragtige prentjie te vorm en 'n tuin te skep wat min instandhouding verg.

Idees:Struike met verskillende blaar vorme asook blaar kleur. Bv. Sheenah's gold. Daar is pragtige variasies beskikbaar. Vanaf lig geel skakerings tot tweekleur blare. Boombas is te kry in grof en fyn en maak pragtige grondbedekking vir beddings, sonder dat jy dit permanent onder sement hoef weg te steek. Dis ook 'n baie mooi kleur kontras met groen struike.

Reuke in en om die huis

Hier is oplossings vir amper elke reuk-probleem wat mag ontstaan in en om die huis.  Kyk onder Wenke (11.05.2011)

Handige Braai wenke

Handige braai wenke:


·         DIE ROOSTER:  Hou jou braai rooster skoon deur dit met ‘n rou ui of ‘n rou suurlemoen te smeer sodra dit begin warm word.  Dit gee ook ‘n heerlike geur aan die vleis terwyl jy braai.

·         WORS:  Om te keer dat wors oop bars gedurende die braai proses en al die sappige souse daar binne verloor, doop die wors voor jy dit braai in water.

Skulpe hart

Maak 'n mooi skulpe hart van seeskulpies wat jy die vakansie opgetel het.

Wanneer jy van jou vakansie by die see kom, is hierdie die ideale projek.  Enige skulpe kan gebruik word.  Hier het hulle sommer 'n draad geneem, gaatjies in die skulpe geboor en almal in geryg.  Selfs stukkies hout is tussen in gesit.  Gebruik jou verbeelding en maak 'n aandenking van daardie lekker see vakansie

Versier 'n raam met ou eetgery

Maak 'n ou raam met messe en vurke mooi. 

Versier 'n raam met ou eetgereiBenodig:
ou messe, vurke en lepels
rubberhamer
knyptang
supergom
skryfbord

Om te maak:
Sit die eetgerei op ‘n stewige oppervlak neer en slaan met ‘n hamer plat tot die dikte wat jy dit wil hê

Buig die vurk se tande met die tang om bêreplek te maak vir die bordkryt

Plak met supergom aan die bord vas

Tuesday, 10 May 2011

Welkom

Welkom aan al ons vriende by ons nuwe huis waar ons nou tonne meer plek gaan hê om te kan gesels.  Ons gaan steeds op Facebook vir jul op hoogte hou, maar hou ons blog dop vir meer inligting oor die onderwerpe.  Gesels saam en nooi jul vriende om ook aan te sluit.  Hoe meer siele hoe meer vreugde !