Thursday 17 November 2011

VLEISROL





















4 eiers geskei
1 ml peper
50 g meel
2 ml sout
50 g suiker
15 ml pietersielie

Klop wit van eiers styf. Klop geel tot romerig. Voeg bestanddele by die wit van die eiers in die volgende volgorde:Sout, geel van eier, meel, pietersielie. Smeer pan ("swissroll") en voer uit met waspapier wat gesmeer is. Smeer die deegmengsel in pan en bak vir 8 minute by 200C. Gooi uit op waspapier wat met fyngekapte pietersielie bestrooi is, en rol liggies op voor koud.
VULSEL:
1 blik vleis
250 ml gerasperde cheddar
100 ml mayonnaise
15 ml aangemaakte mosterd
150 ml fyn uie of seldery
100 ml margarien
100 ml blatjang
Roer alles goed deurmekaar en smeer binne in rol en rool weer op.