Thursday 17 November 2011

Korslose Kaas en Hoendertert





















Botter vir smeer
4 grt aartappels
3 eiers, geklits
grasuie
pietersielie
basiliekruid
1 k gerasperde sterk kaas
2 k fyn, gaar hoender
2 E mayonnaise
1 E tamatiepuree
½ k room & swartpeper

Voer ‘n losboompan met aluminiumfoelie en smeer met botter. Kook die aartappels tot halfgaar en rasper.Voorverhit die oond tot 180°C/350°F.Meng die aartappels met die eiers, grasuie, kruie en helfte van die kaas. Smeer helfte van die mengsel oor die pan se boom. Meng die fyn hoender met die mayonnaise, tamatiepuree, room en bietjie peper. Smeer oor die mengsel in die pan.Bedek met die res van die aartappelmengsel en sprinkle die orige kaas oor.Bak 1 uur in die oond. Bedien warm of koud.