Thursday 17 November 2011

VINGER-LEKKER HOENDER


























6 – 8 hoenderstukke
6 ml paprika
5 ml Aromat
5 ml hoenderspeserye
5 ml sout
3 ml vars gemaalde swartpeper
30 ml asyn
1 ui (in ringe gesny) & losgemaak
1 blikkie creamed mushrooms
1 pakkie cream of tomato sop
500 ml warm water
gevriesde groente (so twee hande vol)

Stel die oond op 180 ˚C.

Plaas die hoenderstukke in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel.
Meng die Aromat, hoenderspeserye, sout en peper saam en strooi bo-oor die hoender.
Sprinkel nou die asyn oor.
Plaas die uie-ringe nou bo-oor en volg daarna met die gemengde groente.
Skep dan die creamed mushrooms bo-oor.
Los die soppoeier nou op in die 500 ml water en skep bo-oor die hoender.

Bedek bak en bak vir 2 ½ ure lank tot gaar.