Bestanddele
250 g Roomkaas
220 g Pienk Salm
Seekos mayonnaise, waarby 'n bietjie fyngekapte ui, tobascosous en 'n klein bietjie asyn gevoeg is
Kappertjiesaad "Capers" of Agurkies na smaak (gepak)
Geroomde advokadopeer gemeng met 'n bietjie suurlemoensap, mayonnaise, sout en peper
Kaviaar - rooi en swart
Metode
Sit gekapte blaarslaai onder n voorgereg kelkie.
Meng roomkaas en kappertjiesaad en sit bo-op blaarslaai.
Meng salm en seekos mayonnaise en skep bo-oor roomkaas.
Neem nou die geroomde advokadopeer en garneer die salm.
Versier met kaviaar.
Hou verkoel in yskas tot net voor bediening.
(J v d Berg)