Thursday 17 November 2011

Lemoen Patats



















 
2 lemoene se sap
10ml gerasperde lemoenski
l500ml gaar patats
60ml suiker
2.5ml sout
125ml sultanas (opsioneel)
37.5ml botter of margarien
1 eier geklits
60ml gesnipperde spekvleis (opsioneel)

Stel die oond op 180C. Meng die lemoensap, lemoenskil, patats, suiker, sout, sultanas, smeer en eier saam. Skep in ‘n gesmeerde oondskottel met ‘n inhoudsmaat van 1 liter. Strooi die gesnipperde spek bo-oor. Bak 30 minute lank in die voorafverhitte oond. Bedien dadelik.