Thursday 17 November 2011

Gebakte Roomspinasie






















1,3kg vars spinasie, die dik, wit ribgedeeltes verwyder
3 eiers
500ml room

100g parmesaankaas, gerasper
2,5ml gerasperde neutmuskaat
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 180C. Was die spinasie en stoom dit net met die druppels wat daaraan kleef tot sag en verlep. Dreineer, druk die oortollige vloeistof met die hande uit en kap dit rofweg fyner. Klits die eiers en room en gooi die parmesaankaas, neutmuskaat en geurmiddels by. Wees versigtig met die sout omdat die kaas ook sout bevat. Gooi die roommengsel by die spinasie en roer dit deur.

Giet die mengsel in 'n medium gesmeerde oondbak van sowat 5 cm diep en bak die spinasie in die boonste helfte van 'n voorverhitte oond vir 30 minute of totdat die bokant bros en goudbruin is. Die middel moet romerig wees. Lewer 6 porsies.