Thursday 20 October 2011

TOEBROODJIE IDEES 2


















Nog heerlike resepte van Jeanette van den Berg vir Toebroodjies


Hoender Gesondheidstoebroodjie
Gaar hoender – fyngesny
... Maaskaas
Peppadews – fyn gekap - na smaak
Avokado – in dun skywe gesny


Meng hoender, maaskaas en gekapte peppadews.

Plaas op ’n snytjie varsgebakte gesondheidsbrood.
Plaas skywe avokadopeer bo-op. Geur na smaak met sout en varsgemaalde
swart peper.

Heerlik !

Eier broodjie
Kook eiers, omtrent 1 eier vir 2 toebroodjies
Dop eiers af,
Meng met mayonaise, sout en peper
Skep dit op die broodjies

Tuna Mayonaise
1 blikkie tuna

Meng met mayonaise en skep op brood.

Eiersmeer
250 g botter
3 hardgekookte eiers, fyngekap
halwe klein ui, fyngekap
25 ml pietersielie/grasui, fyngekap
1 ml sout
1 ml peper

Meng alles saam. Gebruik saam met skyfies ham of gerasperde kaas en/of tamatieskywe.

Kerrie-kaassmeer
200 g botter
25 ml matige kerriepoeier
350 ml gerasperde kaas
40 ml perskeblatjang
125 ml klapper
125 ml room, styfgeklits

Meng botter en kerriepoeier. Voeg kaas, blatjang en klapper by. Vou die bottermengsel by die room in. Smeer dit op soutbeskuitjies.

Eier en snoeksmeer:
6 hardgekookte eiers
200 g gerookte, gevlokte snoek
125 ml room, styf geklits
50 ml gladde maaskaas
5 ml worcestersous
2 ml paprika
peper na smaak

Sny eiers in lengte deur en verwyder gele. Maak gele fyn en kap die
eierwitte afsonderlik fyn. Meng die gele en witte en voeg die snoek by.
Meng dit goed. Meng die res van die bestanddele by. Bêre die smeer in
die yskas tot voor gebruik.

Kaassmeer vir soutbeskuitjies
1 k fyn gerasperde Cheddarkaas
50 ml mayonnaise
25 ml blatjang
25 ml pietersielie, fyngekap
25 ml gerasperde ui
2 ml Tabasco (opsioneel)

Meng alles saam en smeer dit op soutbeskuitjies.

Sardientjiesmeer
100 g botter/margarien
106 g sardientjies, gedreineer en fyngedruk
10 ml suurlemoensap
25 ml fyngerasperde ui
5 ml worcestersous
1 ml sout
1 ml peper

Meng alles deeglik saam.

Tunaroomsmeer
200 g tuna, dreineer + vlok
5 ml ansjovissous
200 ml mayonnaise
250 ml room, geklits
2 eierwitte, styfgeklits
20 soutbeskuitjies

Meng tuna met ansjovissous en mayonnaise tot glad en fyn. Vou die room by die styfgeklitste eierwitte in. Vou die roommengsel by die tunamengsel in. Skep dit op beskuitjies en verkoel dit voor bediening.

Elvis Presley se Geroosterde Grondboontjiebotter en
Piesangtoebroodjie:
2 snye wit brood
2 eetlepels grondboontjiebotter
1 piesang fyngemaak
2 eetlepels botter

Smeer botter op een sny brood en grondboontjiebotter op die ander
een, sit die een sny op die ander een. Smelt nou die botter (Elvis het
baconvet gebruik) in 'n pan en braai die broodjie oor lae hitte tot
goudbruin aan albei kante. Eet saam met 'n glas karringmelk.