4 medium grootte pieangs
45 ml suurlemoensap
30 ml versiersuiker
250 ml koekmeel
knippie sout
160 ml warm water
30 ml kookolie
2 eierwitte
olie vir diepbraai
Skil piesangs en sny in stukke. Sprinkel met sap en versier suiker. Laat staan 30 minute. Sif meel en sout in bak, maak holte in middel en voeg water en olie by. Roer van binne na buite en klop goed tot glad. Maak toe en laat staan 30 min. Klop eierwitte tot sagte punte vorm en vou in beslag. Droog piesangstukke af, doop in beslag en braai in diepolie tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Bedien dadelik, met ekstra versiersuiker en suurlemoensap besprinkel.