Tuesday 25 October 2011

Melkjellie met rooswater



















Kyk hierdie oulike resep uit die Tuis Tydskrif:


ROOSWATERSTROOP

• 250ml water
• 250ml strooisuiker
• 1ml rooswater
• 1-2 druppels pienk voedselkleursel

MELKJELLIE

• 1,25 liter (5 x 250ml) melk
• 37,5ml gelatien
• 80ml suiker
• 5ml vanielje-ekstrak
• 1ml rooswater

1 Berei die rooswaterstroop Verhit al die bestanddele in ’n kastrol oor lae hitte. Roer aanhoudend totdat die strooisuiker oplos. Bring tot kookpunt en laat prut vir sowat 5-7 minute. Laat eenkant staan om af te koel.
2 Maak die jellie Gooi 180 ml van die melk in ’n glasbakkie en voeg die gelatien by. Roer tot opgelos en laat dit staan.
3 Verhit die res van die melk, die suiker, vanielje-ekstrak en rooswater in ’n kastrol en laat dit prut. Voeg die gelatienmengsel by en roer tot opgelos. Haal die mengsel van die plaat af en gooi dit in ’n broodpan of afsonderlike vormpies. Sit die jellie in die yskas tot gestol.
4 Sit dit voor Keer die melkjellie op ’n dienbord uit en gooi die stroop oor. Garneer met roosblare of roosknoppies.