Tuesday 25 October 2011

Brownies sonder eier




















Baktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

• 250 ml (80 g) kakaopoeier
• 375 ml (205 g) koekmeel
• 15 ml bakpoeier
• 135 ml (125 g) saggemaakte botter of margarien
• 250 ml (215 g) bruinsuiker
• 250 ml pruimedant-puree (babakos) of appelsous
• 10 ml vanielje-ekstrak
• 300 ml melk
• 60 g pekanneute, grofweg gekap, plus ekstra vir versiering
• 60 g sjokolade- of karob-splinters

1 Meng die kakao, meel en bakpoeier saam in ’n bak en sit eenkant.

2 Meng die res van die bestanddele, behalwe die neute en sjokolade- splinters, in ’n aparte bak. Roer goed.

3 Voeg die droë mengsel by die nat mengsel en roer tot net gemeng. Roer die neute en die helfte van die sjokolade-splinters by.

4 Gooi die beslag in ’n gesmeerde en gevoerde vierkantige koekpan van 23 cm. Strooi die res van die sjokolade- splinters oor en bak vir 25 tot 30 minute in die verhitte oond. Die kante moet effens van die pan begin wegtrek.

5 Sit die pan op ’n draadrakkie en laat die brownies heeltemal in die pan afkoel voor jy dit in 3 cm-blokkies sny. Versier met ekstra gekapte pekanneute.

(Resep in Idees)