Friday, 14 October 2011

KOFFIEKOEKIES

















150 ml suiker                              
190 gr botter
halwe koppie gouestroop        
3 ml vanielje 
halwe t koffie‑ekstrak                 
8 ml koeksoda
10 ml warm koffie                       
1    eier
4 koppies koekmeel                   
3 ml sout

Rol suiker baie fyn en meng met sagte botter tot room.  Voeg stroop, vanielje en ekstrak by.  Maak koeksoda aan met baie warm koffie en voeg by mengsel.  Klits eier en voeg by mengsel, meng deeglik.  Sif meel en sout saam en voeg by, meng en laat oornag staan sodat suiker heeltemal oplos en vloeistof deeglik kan absorbeer.

Druk deeg deur vleismeule met koekievorm vooraan en sny in lengtes van 5 cm.  Bak in matige oond tot gaar.

Vulsel:
125 g botter                                  
125 ml suiker
60 ml melk                                   
5 ml koffie‑ekstrak
3 ml vanielje essens

Kook alle bestanddele vinnig saam vir 15 min.  Verwyder van stoof en begin klits totdat mengsel styf genoeg is om te gebruik.