Friday 21 October 2011

Kersboom van knope

Te min plek vir 'n kersboom in jou huis, maar 'n oorvloed van knopies beskikbaar?
Raak ontslae van al daai klomp knopies wat tog net lê en stof vergader, of koop 'n paar nuwes aan vir hierdie projek.  Maak 'n kersboom van knopies teen jou muur.  Die kinders kan help met hierdie projek en dit kan groot pret wees.  Kyk na die prentjie as 'n voorbeeld maar volg jou eie verbeelding.  Dit sal iets uniek wees.