Wednesday 26 October 2011

Dekor vir jou huis






















Liefa Griesel het hierdie oulike idee vir ons gestuur, daar is nie 'n resep nie en sy sê vir ons naasten by hoe sy gemaak het.
Ek kan nie hoeveelhede gee nie, ek gooi na gedagte by.

Ek gaan probeer, so halwe koppie poly filla poeier, so 'n ongeveer 'n lepel vol gom, lepel vol growwe sand
 of rooibosteeblare, gooi bietjie water by, dit moet nie te pap wees nie, sit ...so halwe teelepel verf van jou keuse by. Ek het gehou by room & sandkleur. Die verf kan ook gelos word, maar dan is dit 'n meer grys kleur.

Ek skat maar met die oog & gooi nog poeier by as ek te veel water ingegooi het. Hoop dit help. Dis sommer 'n konkoksie wat ek saamgegooi het eendag!

























Dit is ook coke bottels wat gesny is en dan geverf is met 'n mengsel wat ek maak van poly filla, gom, grond & druppel verf.
Ons het dit laas jaar vir 'n kers-funksie gebruik.
Ons het die kerse bietjie langer gemaak om deur die aand te kon hou!


















Hier het ek dieselfde mengsel gebruik & koppie & pierings ook so "geverf" vir tafel versierings