Thursday 27 October 2011

Aarbeistroop




















Dis 'n praktiese resep, want die gebottelde stroop het 'n raklewe van minstens een jaar. Bêre dit in die yskas nadat jy dit oopgemaak het.

1 kg vars aarbeie
750 g (950 ml) suiker
40 ml suurlemoensap



1.    Was aarbeie, sny skoon en verpulp in 'n voedselverwerker.
2.    Plaas op stoof, voeg suiker by en roer oor lae hitte tot suiker opgelos is.
3.    Kook dan die mengsel teen hoë temperatuur vir sowat 25 minute tot dit 'n dik stroop vorm.
4.    Voeg suurlemoensap by en roer goed deur terwyl dit kook.
5.    Giet stroop in gesteriliseerde bottels en verseël.

Wenke: Die stroop is ideaal in styfgeklopte room, oor roomys en kaaskoek. Dit kan ook as versiering vir poeding, in melkskommels en selfs koekvulsels gebruik word.

(Resep uit Landbou Tydskrif)