Thursday 27 October 2011

Aarbeibrosbrood






















Bestanddele:
  • 200 ml (200 g) sagte botter
  • 125 ml (110 g) strooisuiker
  • 185 ml (110 g) mielieblom
  • 375 ml (220 g) koekmeel
  • ekstra strooisuiker, vir oorstrooi
  • 250 ml (130 g) versiersuiker, gesif
  • pienk koskleursel
Metode:
Klop die botter tot lig, voeg die strooisuiker by en klop vir twee minute. Sif die mielieblom en koekmeel saam en roer dit by die bottermengsel in om ’n ferm deeg te maak.
Rol dit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is uit en druk dan hartvormige koekies uit die deeg uit. Sit dit op gesmeerde bakplate.
Gebruik ’n kleiner ronde koekiedrukker (jy kan ook die metaalpunt van ’n versierbuis gebruik) en maak ’n gaatjie in die middel van die helfte van die uitgedrukte hartvorms.
Bak in ’n voorverhitte oond by 180 ºC vir 15 minute of tot net goudbruin. Haal uit die oond uit en strooi die strooisuiker oor. Laat heeltemal afkoel.
Meng die versiersuiker met genoeg water om ’n smeerbare mengsel te vorm. Voeg ’n klein bietjie pienk koskleursel by. Smeer die versiersel op die koekies sonder gate en plak een met ’n gat bo-op elkeen. Laat die versiersel hard word.