Tuesday 13 September 2011

Suikervrye piesangbrood - Diabeet



Maak: 1 brood
Baktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 180 °C

Jy benodig
3 ryp piesangs, fyngedruk (sowat 300 ml)
3 ml koeksoda
125 ml kookwater
50 ml gesmelte botter
100 ml xylitol ('n natuurlike versoeter)
2 groot eiers, geskei
125 ml laevetmelk
5 ml vanieljegeursel
310 ml (170 g) koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml fyn neutmuskaat
100 g hawermout
50 ml grofgekapte pekanneute

So maak jy
1 Roer die koeksoda en kookwater by die piesangpuree. Laat dit afkoel.
2 Klop die gesmelte botter, xylitol, eiergele, melk en vanieljegeursel saam. Roer dit by die puree.
3 Sif die meel, bakpoeier, neutmuskaat en 'n knypie sout saam. Roer die hawermout en neute daarby. Roer die pureemengsel by die droë bestanddele in. Klop die eierwitte styf en vou dit in die beslag in. Skep dit in 'n gesmeerde en gevoerde broodpan. Bak dit in 'n warm oond vir 'n uur of totdat 'n toetspen skoon uitkom.

Hierdie resep was in Idees Tydskrif