Wednesday 14 September 2011

AARBEITERT




















1 rolkoek
1 blik kondensmelk
1 houertjie fyn volroom maaskaas
125 ml. suurlemoensap
1 middelslag blik aarbeie

Metode :

Sny rolkoek in skywe en pak in glasbak. Skei aarbeie en sous van
mekaar. Gooi klein bietjie van sous oor rolkoek. Meng melk, maas -
kaas en sap en gooi bo - oor koek. Pak aarbeie bo - op. Maak res
van sous warm en laat afkoel. Maak 15 ml. vla aan met bietjie warm
water en meng met sous. Gooi bo - oor aarbeie. Plaas tert in yskas.