Friday 9 September 2011

Servette vir kersfees

Die spreekwoord "More is less" is beslis somtyds waar. Hier is twee oulike idees wat ons met jul wil deel.

'n Oulike idee is om die servette vir jou kerstafel in 'n vierkant te vou en 'n lint daarom te bind sodat dit soos 'n klein geskenkie lyk.  Of neem eenvoudig die servet, rol hom op en bind 'n klein klokkie met 'n lint om die servette bymekaar te hou.  Jy kan gewone wit servette gebruik en die lint in die kleur van jou tafel dekor of volgens tema kies.  Maklik en 'n redelike goedkoop idee.