Tuesday 13 September 2011

Salie as 'n blom vir jou somer kersfees tuin

Oor Salie as 'n kruie kan ons baie gesels, maar hierdie stukkie is 'n terugdink aan my ma se blommetuin waar daar altyd rooi Salie gegroei het.

Salie saad kan in die lente gesaai word om 'n pragtige en treffende rooi tapyt in jou tuin te maak gedurende die somer maande (kerstyd in SA).

Hulle hou van volson tot halfskadu en is meerjarig.
Ideaal vir 'n groot area wat jy dalk wil bedek met iets wat 'n treffende opvallende kleur gee.  (Ook beskikbaar in ander kleure.)
Die saad:  Salvia - Magic Fire - Dwarf Scarlet van Mayford is nou op die rakke beskikbaar en beslis die moeite werd om te saai.

Ek lees erens dat Salie wat jy onder druiwe plant, die druiwe soet maak.  Ek het dit nog nie probeer nie, maar gaan beslis hierdie seisoen kyk of dit enige uitwerking het op die druiwe in my tuin.