Tuesday 13 September 2011

Melk-emmer vol blomme

As jy 'n ou melk-emmer het wat net rondlê kan jy altyd hierdie oulike idee in jou tuin doen. 

Laat die emmer op sy sy lê en saai die blommesaadjies soos 'n rivier vanaf die emmer met kronkels in jou tuin.  Dit sal lyk asof "die melkemmer omgeval het". 
Jy kan dit natuurlik met amper enige houer en enige soort blommetjies doen, solank dit blommetjies is wat laag groei.
As jy in 'n meer droë area bly of dalk nie kans sien vir fyn blommetjies nie, kan jy altyd klippies gebruik om dieselfde effek te kry.