Wednesday 7 September 2011

Rooi Fluweelkoek (Snowflake – staatmaker)

Rooi Fluweelkoek (Snowflake – staatmaker)
125g botter
250 ml suiker (200g)
2 eiers
50 ml kakao
30 ml rooi voedselkleursel (1 botteltjie)
500 ml Snowflake koekmeelblom (280 g)
2 ml sout
250 ml Karringmelk
5 ml koeksoda
15 ml asyn
5 ml vanieljegeursel

Klop botter en suiker saam.  Voeg eiers een vir een by en klop goed tot lig en donsig.
Maak ‘n pasta van die kakao en die voedselkleursel.  Voeg by die bottermengsel en meng goed.
Sig meelblom en sout en voeg om die beurt met karringmelk by geroomde mengsel.
Los koeksoda in asyn op en voeg saam met vanielje by mengsel.
Skep in twee gesmeerde 20 cm koekpanne en bak 25 – 30 min in voorverhitte oond teen 180 grade.

Versiersel:
60 ml snowflake koekmeelblom (35g)
250 ml melk
80g botter
125 ml suiker (100g)
5 ml vanieljegeursel
200 ml droë klapper (60g)
25g okkerneute, gekap

Klop meelblom en melk saam. 
Verhit tot kookpunt en roer voortdurend tot verdik.
Verwyder van hitte en roer orige bestandele by.
Versier koek eers vanneer dit heeltemal koud is.