Wednesday 7 September 2011

Kersfees koek versiering - kortpad

Reg.  Nie almal van ons is so oulik om met marsipan te werk en dit te laat lyk of ons al eeue lank troukoeke versier as beroep nie.  Sommige van ons het nodig om so nou en dan 'n kortpad te kies, om dit vir onsself makliker te maak.  Hier is 'n briljante idee van IN EN OM DIE HUIS:


Bak jou eie vrugtekoek sodat jy kan spog met jou handewerk. As jy nie hou van vrugtekoek nie, hoekom nie 'n rooi fluweelkoek of sjokolade koek met 'n kersfees -"twist" nie?
Bespreek by jou naaste bak winkeltjie, net soos jy met 'n kinderverjaarsdag sou maak, 'n eetbare prentjie wat jy dan net bo-op die koek kan sit.  Wat oulik is aan hierdie idee is dat jy 'n familie foto van verlede kersfees kan neem na die winkeltjies en dan scan hulle dit in en print vir jou 'n eetbare versiersel-prentjie. Al wat jy dan hoef te doen is om dit bo-op die koek te sit en dit bietjie af te rond met ekstra versiering.
Dink net hoe verras gaan die familie wees.....
Versier dan verder met versuikerde vrugte of net soos jy sou verkies.