Tuesday 20 September 2011

Ontsmet jou plantpotte






















Potte kan oor en oor gebruik word, maar hulle bou mineraalneerslae en ander oorblyfsels aan die binne- en buitekant op waarin siektes kan skuil.
So maak jy
1 Ontsmet gebruikte kleipotte eers deur hulle 10 minute lank in 'n oplossing van 1 deel huishoudelike bleikmiddel op 9 dele water te week, en skrop dan skoon.

2 Doop kleipotte in 'n oplossing van water en skoonmaakmiddel. Lig die potte uit die seepwater en skrop soveel moontlik van die vuilis en mineraal-aanpaksels met 'n draadborsel af. Spoel af met skoon water en laat droog word.

3 Plastiekpotte kan net so ontsmet en skoongemaak word, behalwe dat jy die mineraalsoute en ander aanpaksels maklik met 'n skuursponsie en skraper kan afkry.

Malvamooi rooi
• Skuif jou potrak na jou ingang waar dit die oog kan vang
• Plant verskillende skakerings van oranje, pienk en rooi malvas in potte van verskillende groottes (verkieslik kleipotte)
• Pak die rak tot oorlopens toe vol

(Artikel uit 'n Tuis Tydskrif)