Tuesday 20 September 2011

Juwele uit die natuur












Aarbeie: Hierdie vrug is sinoniem met somer. Dis ideaal om pigmentasievlekke natuurlik te verlig.

Druiwe: Duiwe is ryk aan antioksidante en het ook afskilferende eienskappe.

Pynappel en papaja: Dit is nie net lekker in vrugteslaai nie, albei bevat ensieme wat die vel op ‘n natuurlike manier afskilfer.

Perske: Perskes en room is ‘n gewilde nagereg in die somer. As jy nie alles opeet nie, kan jy dit ook as masker gebruik! Perskes bevat ook afskilferende ensieme en minerale wat die vel voed.

Mango: Vars mango bevat minerale en vitamiene wat die vel voed en jou gelaat laat gloei.

Avokado: Wetenskaplikes noem dit ‘n supervrug. Dis hoog in vitamien E wat jare lank al met ‘n gesonde vel geassosieer word. Dis ook ‘n uitstekende bevogtiger.

Piesang: Piesang bevat baie vitamiene en minerale, een daarvan is potassium wat spiere laat ontspan. Dit is ook ‘n goeie bevogtiger.

Kiwi en komkommer: Kiwi’s is hoog in vitamien C en is ‘n goeie reiniger. Komkommer kalmeer geïrriteerde vel en kan ook porieë verklein.

Heuning: Heuning is goud werd. Dit het verskeie antiseptiese eienskappe en kan as ‘n bevogtiger gebruik word.


Wenk: Wend altyd maskers op ‘n skoon vel aan. Was jou gesig met louwarm water om jou porieë oop te maak en spoel maskers met koue water af.